Veels
geluk aan ons volgende
spelers wat gekies was vir die Noord-Kaap skaakspan en
wat in Desember aan 2011 se SA Jnr
Skaak-kampioenskappe in PE gaan deelneem het!
Dirk Haasbroek, Dirk Coetzee,
Heinrich Smith, Albert
Steenkamp, Martin Cronje en PJ vd Fyver.
Spelers vandie
Skaakmeesters Akademie Kimberley het goue medaljes verwerf
as deel van die Onder 18 A -Noord-Kaap Skaakspan wat die
eerste plek behaal het by die Nasionale SA Jnr
Skaakkampioenskappe Desember 2011 in Port Elizabeth.
Martin Cronje en Albert
Steenkamp spog hierbo, saam met Pierre de Smidt (Afrigter)
met hulle goue medaljes.
Welkom
by die Skaakmeesters Akademie! Hierdie is 'n
privaat-organisasie wat skaak bevorder in Kimberley en omliggende dorpe. Ons
hou geensins
verband met Noordkaap Skaak of Skoleskaak (Nocussa) nie, en is ook nie
provinsie-gebonde nie. Die
hoofdoel is om individuele skaakafrigting te bied aan belangstellende junior
spelers, ongeag van watter dorp of skool. Ons wil 'n sterk basis daarstel en
die kinders se spelvlak verhoog sodat hulle vol selfvertroue en
kompeterend aan nasionale skaakkampioenskappe kan deelneem. Ons is
toegerus om ons eie Toernooie aan te bied en aangesien ons spelers van ander
provinsies ook kan betrek, bring dit mee dat die kinders hul kennis
kan verbreed, meer ondervinding opdoen en blootstelling kry aan
kompetisie-omstandighede.
Ons is lief vir
hierdie wonderlike bordspel en trots om te sien dat die kinders wat
afrigting ontvang verbeter en tydens toernooie hulself bewys.
Hou gerus hierdie
webtuiste dop vir vars inligting - ons sit gedurig nuwe foto's in die
Gallery op en daar is ook kort-kort nuwe inligting oor ons bedrywighede -
ook belangrike nuus aangaande ons Toernooie.