Borge | Optredes | Toernooie | Kontak Ons | FIDE Reëls | Gallery | Toerusting | Tuisblad

Die Skaakmeesters Akademie 
 Sedert is privaat skaakklasse aangebied vir die kinders wat hulle kennis in die sport wil verbreed.  Teen die einde van 2006 het ons besluit om ons eie wapen en kleredrag aan te skaf.  Met behulp van borge het ons daarin geslaag om vir al die kinders wat daardie jaar die klasse bygewoon het klere eie aan die Skaakmeesters te laat maak. Ons bedank Tikva Eiendomme, Vee's Video's, Hancor en ook KIMKEM vir hulle bydraes tot die maak van die kleredrag.

Die amptelike bekendstelling van die Skaakmeesters Akademie het plaasgevind op 21 April 2007 by Traümerei in die Diamond Pavilion Mall. Ons het weer op 5 Mei 2007 voor Checkers in die Mall opgetree.  

Die afrigtingsklasse word in Kimberley aangebied. Die individuele inslag van elke klas is van onskatbare waarde, aangesien elke kind as individu in die proses ontwikkel, nie alleen op skaakgebied nie, maar ook as unieke mens. Aspekte soos geduld, konsentrasie, selfbeeld ensovoorts word tydens die leerproses aangespreek en die kinders leer dat dit nie net oor wen of verloor gaan nie, maar dat skaak geniet kan word en pret kan wees. Slegte verloorders leer om hul teleurstelling te verwerk deur deursettingsvermoë en selfbeheersing aan te leer, en dat om te verloor ook nie meer iets is om oor sleg te voel nie, maar dat dit van jou net n beter mens maak wat vorentoe beter sal vaar.  

Die onortodokse manier waarop die Skaakmeesters geleer word werk in die opsig dat hulle voortdurend op die uitkyk moet wees vir sekere speelpatrone en dan spesifieke skuiwe, eie aan die Skaakmeesters, dienooreenkoms  gebruik om die teenstander te fnuik en te uitoorlê. Dit verg groot konstentrasie en dinkwerk om al die moontlike strategieë te onthou en kan net met volgehoue oefening bemeester word. Om hierdie rede tree die Skaakmeesters nou gereeld teen Jan Publiek  in die Diamond Pavilion Mall op. Dit staan enige iemand vry om sy skaakvernuf hier te kom uittoets teen die groep Skaakmeesters, ongeag ouderdom. Net basiese kennis van skaak is nodig om aan die pret deel te neem. Ouderdom is sowaar eén ding wat gladnie 'n waarborg in skaak is nie! Die kleinste spelers kan groot manne op hul neuse laat kyk en dit bewys weereens dat dinamiet in klein pakkies kan kom, mits hulle die nodige afrigting ontvang!  

Spelers wat sedert 2006 by ons aangesluit het, het alreeds talle medaljes in plaaslike toernooie verower, en meeste van hulle het ook jaarliks deelgeneem aan die SA Junior Skaak Kampioenskappe wat aangebied word deur CHESSA. 

Hou die media ook dop en kom kyk gerus as ons weer speel - dalk byt die skaakgogga jou ook! Baie dankie vir die publiek wat gebruik maak van elke geleentheid om teen ons te kom speel. Sonder julle ondersteuning sal dit nie 'n sukses kan wees nie.

 Borge | Optredes | Toernooie | Kontak Ons | FIDE Reëls | Gallery | Toerusting | Tuisblad


Opgedateer: 02-02-2010
©  Die Skaakmeesters Akademie 2007-2010