 |
|
Optredes | Toernooie |
Kontak Ons |
FIDE Reëls | Gallery |
Toerusting |
Tuisblad

Word 'n borg van die Skaakmeesters Akademie!
Aansoek vir borge vir Skaaktoernooie in
Kimberley
Die
Skaakmeesters Akademie is 'n privaat-organisasie wat sedert Januarie
2006 privaat-afrigting aan belangstellende kinders vanuit Kimberley en
omgewing bied.
Hierdie
kinders het so goed presteer dat ek besluit het om, nadat hulle in
Desember 2006 aan die SA Junior Skaakkampioenskappe in Pretoria
deelgeneem het, vir hulle Skaakmeesters Akademie - kleredrag te laat
maak. Dit was baie duur, maar met die hulp van privaatborge en
bystand van die ouers kon ons dit doen.
Skole in
Kimberley en omgewing (Noord-Kaap) het vir die afgelope paar jaar geen
daadwerklike pogings aangewend om skaak in hierdie provinsie te bevorder
nie. Geen professionele afrigting word tans by skole aangebied nie.
Skaak word maar net gespeel vir die kinders wat belangstel.
Aangesien
die toekoms van skaak in ons omgewing nie te rooskleurig lyk nie, het
die Akademie besluit om toernooie aan te bied waaraan almal kan deelneem
en sodoende hul kennis verbreed.
Skaaktoernooie is 'n groot byeenkoms om te reël en die finansiële aspek
is baie hoog.
Om 'n georganiseerde, professionele toernooi te organiseer, word die
nodige toerusting benodig soos bv.
a. Borde en skaakstukke
b. Skaakhorlosies wat ook tydens 'n toernooi gebruik moet word
c. Maak van medaljes
d. Ontwerp, druk van sertifikate en ander vorms wat tydens toernooi
benodig word.
e. Huur van saal, stoele en tafels.
f. Huur van rekenaarspesialis wat die inligting, uitslae ens. tydens 'n
toernooi moet bywerk. (Die rekenaarprogram wat hiervoor gebruik word is
soortgelyk aan dié wat tydens SA Jnr Skaakkampioenskappe gebruik word)
In hierdie stadium het ek, eienaar/afrigter van die Akademie, al die
onkostes met betrekking tot toerusting self gedra en die res sal d.m.v.
inskrywingsfooie gedek word.
Die Akademie het sy eie medaljes en sertifikate laat maak en die kinders
wat ons toernooie bywoon sal altyd iets ontvang, hetsy hulle wen of
verloor. Op ‘n skaaktoernooi
verloor jy nooit regtig nie want jy leer uit jou foute.
Die Akademie het reeds al gedurende Augustus en Oktober 2007 ons eerste
twee toernooie in Kimberley aangebied.
Die toernooie was ‘n groot sukses en spelers van sover as
Upington, Kuruman, Strydenburg, Hopetown en Jan Kempdorp het dit
bygewoon.
Om
kinders se belangstelling in hierdie sport te prikkel en aan te wakker
moet daar pryse tydens hierdie toernooie wees. Die volgende instansies
het die Akademie nog tydens elke toernooi bygestaan en pryse en/of
koopbewyse aan ons geskenk wat ons na afloop van die verrigtinge tydens
‘n gelukigge trekking aan die kinders uitgee het: Incredible Connection,
Homenet Eiendomme, Signature Cosmetics and Fragrances in die Sanlam
Sentrum, Tekkie Town, Vasco’s Restaurant en HiFi Corporation.
Die Diamond Pavilion Bestuur het die Akademie van die begin af bygestaan
deur vir ons gratis vloerspasie in die mall te gee waar ons gedurende ‘n
Saterdagoggend op ‘n gereelde basis teen die publiek gaan speel. Ons
speel saam met almal, groot, klein, oud en jonk.
Alles is gratis. Die koste vir advertensies met betrekking tot
hierdie byeenkomste word ook deur die Akademie gedra.
Die bestuur van Wimpy Kimberley het ook vir ons die maak van
sleutelhouers gefinansier wat tydens toernooie en ander geleenthede
gratis aan kinders uitgedeel word.
Om
egter ‘n goeie sterk span teen die einde van die jaar na die SA spele te
stuur, moet die kinders baie oefening en blootstelling gedurende die
jaar kry. Daarby bedoel ek blootstelling teen ander provinsies se
spelers soos bv. Bloemfontein ens.
Hulle word ook na hierdie toernooie genooi.
Daar is
egter nog ekstras wat ons vir die kinders kan gee wat hulle tydens 'n
toernooi benodig, bv.
1. Penne,
wat hulle moet gebruik om die skaakrondtes se skuiwe mee to noteer
2. Ek sal
graag saam met die medaljes en sertifikate vir die kinders kontant-
en/of ander pryse ook wou aanbied. Kontant
pryse is baie gewild aangesien dit die kinders motiveer om die toernooie
by te woon.
Die kontantprysgeld word soos volg beplan:
1ste plek – R200
2de plek - R150
3de plek - R50
Daar is ses ouderdomsgroepe, nl.
Onder 10-,
12- 14-, 16-, 18- en 20. Derhalwe sal elke ouderdomsgroep R400 prysgeld
benodig, en dit bring die totale prysgeld per toernooi op R2400 te staan.
In elke ouderdomsgroep sal daar ook 'n beste meisiespeler aangewys word,
wat dan net 'n spesiale sertifikaat en goue medalje sal ontvang. Ons glo
dat die prysgeld die spelers definitief sal motiveer om harder te speel
en ook die belangstelling van ander kinders sal aanwakker om deel te
neem in toekomstige skaaktoernooie. Die prysgeld kan egter self deur die
betrokke instansie bepaal word, Hierdie is slegs ‘n voorstelling.
Aangesien
die Akademie reeds die kostes vir die organisering van die toernooie
dra kan dit nie die bovermelde items ook aan die kinders verskaf nie.
‘n Toernooi
bestaan gewoondelik uit ‘n minimum van vyf tot nege rondtes van ongeveer
twee ure per spel. Dit kan oor twee dae strek, maar as gevolg van die
koste daaraan verbonde ,hou ons ons toernooie net op een dag en ons
speel vyf rondtes van negentig minute elk. So ‘n toernooi begin
vroegoggend en duur tot die aand. Aangesien die kinders se ouers die
hele dag by die saal teenwoordig is, beplan ons ook om tydens die
toernooie vir volwassenes voorsiening te maak sodat hulle in hul eie
groep teen mekaar kan speel. Medaljes
sal ook aan hulle uitgereik word en indien ons kontant borge kry kan
daar vir hulle pryse aangekoop word. Hulle is net slegs groep en daar
sal net ‘n eerste, tweede, derde en beste Damespeler plek wees.
Ons beplan
om dit op 'n gereelde basis aan te bied. Ons wil die kinders reg
voorberei sodat hulle ook kompeterend aan die jaarlikse SA Junior
Skaakkampioenskappe, wat deur CHESSA aangebied word, sal kan gaan
deelneem. Ons spelers moet dus toernooi-gereed wees en 'n goeie
standaard spel kan speel. Dit
kan slegs bereik word
deur gereelde oefening en blootstelling aan georganiseerde toernooie.
Deelnemers aan toernooie moet 'n redelike kennis van die spel hê
aangesien daar geen afrigting m.b.t die spel tydens toernooie sal
plaasvind nie.
Die
Akademie het reeds werkswinkels by belangstellende skole begin aanbied
om die basiese beginsels van skaak aan die kinders oor te dra. So ‘n
werkssessie neem gewoonlik ses ure en dit word op aanvraag van die skool
gedoen. Die skool is dan verantwoordelik vir die koste daaraan verbonde.
Die eerste werksessie is by Laerskool Seodin Kuruman gehou, op aanvraag
van die skoolhoof. Hulle was so tevrede met die oefening dat hulle skaak
as ‘n periode tydens skoolure ingestel is.
Alle skole is egter nie bereid om te betaal vir hierdie
werksessies nie daarom kom die nodige opleiding nie uit by die kinders
wat werklik belangstel in die spel nie.
Skaak is ‘n
baie komplekse sport en kinders wat dit beoefen ontwikkel hul
konsentrasie, selfbeeld, dissipline, deursettingsvermoe, redenasievermoë
en selfbeheersing. Navorsing
het ook bewys dat persone wat skaak beoefen minder vatbaar is vir
Alzheimer se siekte wanneer hulle ouer word as dié wat nie skaak gespeel
het nie.
Indien u
enigsins bereid is om vir die kinders kontantpryse en/of enige ander
aard van pryse (items/geskenkbewyse ens.) te borg, kan u my kontak by
bogenoemde nommers. Sou u
hierdie Akademie op een of ander wyse kan en wil ondersteun vir 2010 sal
dit opreg waardeer word.
Die
volgende is uitgawes wat in gedagte gehou kan word indien u dit oorweeg
om die Akademie te ondersteun:
-
Huur
van tafels en stoele,
-
Huur
van lokaal,
-
Voorsienning van penne vir die spelers en
-
Druk
van sertifikate en
-
Maak
van fotostate van vorms wat tydens ‘n toernooi deur die spelers
gebruik moet word.
U moet in
gedagte hou dat daar tussen 60 en 120+ spelers vir so ‘n toernooi kan
registreer, afhangende van die belangstelling. Hierdie bogenoemde punte
is net ‘n paar waarvoor die Akademie self die onkostes
moet bybring.
Die
Skaakmeesters Akademie wil graag alles in sy vermoë doen om skaak in
hierdie provinsie te bevorder sodat die kinders baat daarby sal vind.
Ons het baie planne en nuwe idees om hierdie sport by skole te bemark,
maar aangesien ons ‘n privaat organisasie is en die finansies net genoeg
om die basiese, dinge soos toernooie ens. te reël, sal die bemarking by
skole stadig gaan.
Sou u
persoonlik met my oor die aangeleentheid wou gesels, kan u my skakel en
ek sal u kom sien.
Alle borge/donateurs
kan 'n gratis advertensie-bannier op
hierdie
webtuiste kry vir 'n sekere tydperk. Ons sal ook alle borge asook die
betrokke pryse wat in die toernooi op die spel sal wees, in die skrywes
aangaande die toernooie na
skole aandui.
U spoedige
antwoord in hierdie verband sal waardeer word.
Byvoorbaat dank

Pierre de
Smidt
Akademie Eienaar
Borge Kategorieë per toernooi: Kriteria word bereken deur geldwaarde en
gereelde diens. Ons borge word
in 3 kategorieë ingedeel, en soos u kan sien, is ons op soek na borge in
veral die silwer en brons afdelings.
Goud:
Skaakmeesters
Wimpy
Diamond Pavilion Mall
Silwer:
Brons:
Big Hole
Hancor
Optredes | Toernooie |
Kontak Ons |
FIDE Reëls | Gallery |
Toerusting |
Tuisblad
 Opgedateer:
02-02-2010
© Die Skaakmeesters Akademie 2007-2010
|
|
 |