•   Beste skermresolusie: 1024 x 768 pixels
  Mag hierdie 'n skaak-jaar wees soos min!
Opgedateer: 11-07-2010      ©  Die Skaakmeesters Akademie 2007-2010
 Agtergrond Borge  Optredes  Toernooie  Kontak Ons  FIDE Reëls  Gallery  Toerusting
       

                                 


Advertisement
Free State Chess
SKAKELS:
        
Die Knoop

ATKV - Ons maak 'n
verskil in Afrikaans


www.chessforall.co.za 
                                               
 

Welkom by Die Skaakmeesters  Akademie!

 Veels geluk aan ons volgende spelers wat deelgeneem het aan die SA Jnr Skaak-kampioenskappe in Kaapstad gedurende Desember 2009.
Kliek om groter foto oop te maak
 
   
                                        
   

Welkom by die Skaakmeesters Akademie! Hierdie is 'n privaat-organisasie wat skaak bevorder in Kimberley en omliggende dorpe. Ons hou geensins verband met Noordkaap Skaak of Skoleskaak (Nocussa) nie, en is ook nie provinsie-gebonde nie. Die hoofdoel is om individuele skaakafrigting te bied aan belangstellende junior spelers, ongeag van watter dorp of skool. Ons wil 'n sterk basis daarstel en die kinders se spelvlak verhoog sodat hulle vol selfvertroue en kompeterend aan nasionale skaakkampioenskappe kan deelneem. Ons is toegerus om ons eie Toernooie aan te bied en aangesien ons spelers van ander provinsies ook kan betrek,  bring dit mee dat die kinders hul kennis kan verbreed, meer ondervinding opdoen en blootstelling kry aan kompetisie-omstandighede. 

Ons is lief vir hierdie wonderlike bordspel en trots om te sien dat die kinders wat afrigting ontvang verbeter en tydens toernooie hulself bewys.

Hou gerus hierdie webtuiste dop vir vars inligting - ons sit gedurig nuwe foto's in die Gallery op en daar is ook kort-kort nuwe inligting oor ons bedrywighede - ook belangrike nuus aangaande ons Toernooie.
 

 
   




 Agtergrond | Borge | Optredes | Toernooie | Kontak Ons | FIDE Reëls | Gallery | Toerusting 
   
   
 
Opgedateer: 11-07-2010
©  Die Skaakmeesters Akademie 2007-2010