Borge | Toernooie | Kontak Ons | FIDE Reëls | Gallery | Toerusting | Tuisblad
Sedert vroeg 2007 het Die Skaakmeesters in die openbaar begin optree in die Diamond Pavilion, Kimberley. Met die ondersteuning van Mev June Louw, Bemarkingsbestuurder van die Mall, het ons reeds 'n paar keer op Saterdae in die Mall gespeel. Enige lid van die publiek kan teen ons kom speel en dit is groot pret. Ons begin so teen 09:00 en hou aan tot so 14:00. Gedurende die oggend daag ons mekaar en die dapper spelerskorps van die publiek uit. Ouderdom is glad nie 'n faktor nie - oud speel teen jonk en... moenie vra wie wen op die einde nie!
Ons wil hê die publiek moet ook skaak begin geniet en die spel bekendstel aan almal. Dit is 'n baie strategiese bordspel en stimlueer die brein op hoë vlak. Volgens navorsing is skaak baie goed vir oud en jonk, en daar is gevind dat mense wat baie skaak gespeel het gedurende hul leeftyd, nie so maklik Altzheimer-siekte kry nie. Dit laat mens dink, nê...
So as jy in die omgewing is, hou dop vir ons plakkate wat aankondig wanneer ons weer in die openbaar speel, en kom daag ons uit - wie weet, dalk byt die skaakgogga jou ook nog!Hou hierdie bladsy dop vir ons volgende optrede in die mall. Kom speel saam en ontvang 'n Wimpy "Voucher" om 'n kaasburger en koeldrank vir net R20 te koop!
Borge | Toernooie | Kontak Ons | FIDE Reëls | Gallery | Toerusting | Tuisblad
Opgedateer: 02-02-2010
© Die Skaakmeesters Akademie 2007-2010