|

Borde, Stelle en Skaakhorlosies ens.
Skaakranglerestelsels 
Kontak ons vir enige toerusting m.b.t. skaak:
Skaakstelle (gekleurd en swart/wit),
Skaakborde (oprolbaar) *, Demonstrasie/Magneetborde vir afrigting, Noteerboekies, Skaakklokke
* Spesiale handgemaakte skaakborde,
gemaak van ligte of donker hout
(wit en swart skaakstel met vilt onder ingesluit), is beskikbaar
Die skaakranglerestelsel vir u
skool.
Dit het onder ons aandag gekom dat die
skole nie weet hoe om hul beste Jnr en Snr speler te kies vir die
prysuitdeling aan die einde vd jaar nie.
Dit bepaling van die beste spelers in u skool is ‘n aangeleentheid wat slegs die
skool raak d.w.s. dit sal onregverdig wees om te sê dat die speler wat die
Provinsiale span haal nou die beste speler in die skool is. Alle
belangstellendes in u skool moet die kans gegun word om teen mekaar mee te ding
vir die trofee vir die Beste Speler van die Jaar.
Die Skaakmeesters Akademie, Kimberley, het ‘n stelsel ontwikkel wat gebruik word
om ‘n beste Junior en Senior skaakspeler van die jaar in skole te bepaal.
Hierdie stelsel verseker dat die kinders op ‘n regverdige manier teen mekaar
uitspeel. Die Junior spelers is normaalweg Graad 1 tot 3 en die seniors is
van Graad 4 tot 7.
Daar is gevind dat hierdie stelsel,
indien die meegaande reëls streng nagekom word, dit die kinders motiveer om die
spel ernstiger op te neem. Kinders
wat ook nie vantevore deel van die skaakklas was nie, kan ook meer belangstelling
toon aangesien daar nou iets is waarvoor hulle kan
meeding.
Die voordele van hierdie stelsel is dat die kinders mekaar self moet uitdaag en
harder werk om sodoende te vorder op die Ranglere. Geen bevoordeling deur ander
persone kan plaasvind nie. Swakker spelers sal ook meer gemotiveerd raak om
harder te werk en daar sal tydens die skool se prysuitdeling 'n waardige Beste
Junior en Senior speler aangewys kan word.
Dit verlig die verantwoordelikheid van die onderwyser/afrigter om die
besluit te neem wie die beste spelers is, aangesien die kinders volgens hierdie
stelsel dit self sal bepaal.
Die stelsel bestaan uit die volgende:
1.
‘n Skaak Ranglere bord vir Junior en Senior spelers
2.
Naamplaatjies
3.
Hegmiddel
4.
Skryfpen
5.
Volledige stel reëls hoe om die stelsel te gebruik.
Die koste van die stelsel vir Laerskole beloop R500.00 en die Hoërskool stelsel
is R350. (Pryse is onderworpe aan verandering sonder kennisgewing.)
Indien u in hierdie stelsel so belang stel en u is in die Kimberley omgewing kan
u my kontak en ek sal dit by u skool kom demonstreer asook die reëls met die
kinders en afrigters deurwerk.
Email
Agtergrond
| Borge |
Optredes | Toernooie |
Kontak Ons |
FIDE Reëls | Gallery |
Tuisblad

Opgedateer:
02-02-2010
©
Die Skaakmeesters Akademie 2007-2010
|